Ben&Estee: 2 Desember, Kleinevalleij

Ben en Estee het mekaar vir die eerste keer raakgesien in standerd 8 toe hulle begin stry het oor ‘n fisikasom. Elkeen het die ander een van sy standpunt probeer oortuig, maar toe dit uitdraai dat hulle albei die kat aan die stert beetgehad het, het dit die vriendskapsbande onwrikbaar gesmee!

In hulle matriekjaar het Ben sy inspirasie uit hulle voorgeskrewe afrikaanse letterkunde boek, Die Keiser, geneem en vir Estee gevra om sy ‘keiserin’ te wees. Die romanse het geblom! Estee vertel dat sy van die begin af geweet het dat Ben ‘n ‘catch’ is – daar is min mans in hierdie wereld oor wat glo daarin om die kardeur vir hulle nooiens oop te maak. Dit, en die feit dat haar groot drome hom nie afgeskrik het nie, het hom nr 1 gemaak in haar boekie!

Op 27 November 2010, moes sy seker snuf in die neus gekry het toe sy haar aanstaande skoonma moes kry vir koffie en haar suster haar berispe het oor haar uitrusting wat nie ‘mooi genoeg’ was nie. Nietemin is sy niksvermoedend na haar afspraak en nie eers toe die kelner haar eenkant toe roep, by die trappe opneem en sy hoor haar en Ben se liedjie speel het sy  gedink dat die oomblik vir haar aangebreek het nie. Toe sy om die hoek kom en Ben op sy een knie gewaar met ‘n reuse bos rooi rose, was sy so oorweldig dat die gaste van die restaurant dalk kon dink dat sy iemand aan die dood afgestaan het na aanleiding van al haar trane (van blydskap!)

So breek hulle Groot Dag toe vir hulle aan op 2 Desember 2011, op Kleinevalleij in Wellington. Dit was die mooiste sonskyn, wind-stil dag. Na twee dae se voorbereiding breek die oomblik toe uiteindelik aan – Ben staan gereed voor die kansel, die gaste wag in afwagting en die Bruidskar kom by die hekke ingery… sonder die Bruidegom se ring! Die bruid se suster jaag inderhaas terug na die gastehuis om die ring te gaan haal en die spanning begin so klein bietjie knaag (gelukkig het ek die Bruidegom gaan verseker dat sy beeldskone Bruid hom nie voor die kansel gaan verlaat nie.) Maar al die oproering was skoon vergete toe die eerste note van ‘Agnus Dei’ oor die terrasse weergalm en Ben sy bruid – ‘n pragbeeld! – sien aangestap kom.

Deur ‘n reen van die fynste konfetti-strikkies maak Meneer en Mevrou Griesel na die seremonie hulle pad op om te gaan foto’s neem en die gaste maak gereed vir ‘n aand van kuier, kos en groot makietie.

Estee se vandag, dat buiten haar 99 trougaste, die Here self gas nr 100 was en dat sy weet dat sy nie net daardie dag trou beloof het aan haar beste vriend nie, maar ook aan ‘n man van God en, in haar oe, die aantreklikste man op aarde!

Geskryf deur: Sunelle van den Berg

Foto’s: Wesley Vorster

Dekor: La Maison House of Parties

Blomme en Beligting: Four Every Event

Venue: Kleinevalleij

Advertisements
  1. #1 by Nancy Flinty on February 17, 2012 - 7:31 pm

    Baie baie mooi julle! Well done..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: