Valentynspiekniek in die Bos

                             ” My nooi is in ‘n Nartjie, my Ouma in Kaneel, daar’s iemand… iemand in anys, daar’s ‘n vrou in elke geur.” DJ Opperman

Valentynsdag word wereldwyd gevier (of gevrees) as die dag van die Liefde!

Toe ons begin droom oor idees vir ‘n fotosessie met ‘n skeutjie Valentynse geur, het ons onmiddelik besef dat ons ons inspirasie gaan moet kry uit die dinge waarvor ons lief is. Die lys is natuurlik eindeloos, maar ons kon dit darem op die ou-end konsentreer rondom ‘n paar temas (met piekniek – ‘n wonderlike en veelsydige tydverdryf – as die basis daarvan).

Die rede hoekom ek hierdie in Afrikaans skryf, is omdat dit een van die dinge is waaroor ons absoluut mal is! Wat ‘n wonderlike, beskrywende taal, en so raar! Suid-Afrika is die enigste land waar Afrikaans ‘n nasionale taal is (ook een van die redes waarom ons so lief is vir ons land.)

In ons piekniekmandjie het ons allerhande snoepgoed wat ons nostalgies maak: reenboogtoebroodjies (soos my ma dit altyd gemaak het), ‘boeretroos’ en beskuit, dadelballe (my ouma se resep – met regte, egte plaasbotter gemaak), granaatsap vir die dors en (natuurlik) sjokolade vir die soettand.

Wat sal ‘n piekniek dan nou wees sonder kolwyntjies? Daarvoor het ons ook gesorg en die pienk van die versiersuiker sluit pragtig aan by ons gunsteling blom, die koninklike Protea, se kleur.

Vertroetel jou geliefde dan op hierdie Valentynsdag met alles waarvoor hy/sy lief is en vier dit met ‘n smullekker, liefdespiekniek in die bos!

Geskryf deur: Sunelle van den Berg

Dankie aan almal wat deel was van hierdie verruklike Valentynsfotosessie:

Blank Canvas – Stylering

‘A is my favourite letter’ photography – Foto’s

Ci Tutto Bella – ‘Stationery’ (ontwerp) en kolwyntjies

  1. #1 by Ansmarie Naude on February 12, 2012 - 12:31 pm

    Ongelooflik mooi***

  2. #2 by Corlia Langenhoven on February 16, 2012 - 12:12 pm

    I like, I like! Enige resepte om te deel met die minderbevoor regte kokke hier onder ons? 😉 Maar dis ‘n great idee – ek gaan dit sommer doen net vir die lekker!

  1. Valentine’s Day Idea {Picnic in the Forest} « The SA Weddings Blog
  2. Inspiration Wednesday: Pic-nic ideas from Blank Canvas | :: My sweet love ::

Leave a reply to Ansmarie Naude Cancel reply