Ben-G en Angelique – 19 November 2011

Dit was ‘n snikhete dag in Franschhoek, warm genoeg vir seespieelings en drogbeelde, maar daar was niks wat die aanvoelbare opgewondenheid kon demp nie, nie eers die blommedak wat gedreig het om te verlep, maar toe gelukkig nooit het nie!

Van vroegdag af is daar gewerskaf om al die finale goedjies reg te kry, die tafels te dek en te versier, die borde met die aanwysings na die verskeie areas uit te sit en te probeer om nie te verkool in die warm son nie.

Die lee saal is omskep in ‘n sprokieswereld van wit blomme, kristal en glas met orgidee wat hulle elegante koppe buig oor die rante van dun, esteriese vase. Spatsels kleur, in die vorm van Venesiese maskers, het die tafels afgerond en opgehelder en was dan ook die geskenke van die Bruidspaar aan al hulle gaste.

Kort voor lank was alles gereed vir aksie en het die ‘celeb’-gaste begin arriveer om hierdie spesiale dag met Angelique en Ben-G te deel. Die swart ‘parasol’ sambreeltjies, wat ook as geskenke aan die gaste gegee is, moes oortyd werk om die son te keer, maar alles was vergete toe Damien Rice se ‘Blower’s Daughter’ begin speel en die beeldskone Bruid saam met haar ma by die paadjie afgestap kom. Die Bruidspaar het ewige trou aan mekaar beloof onder ‘n reuse, wit blommedak en is begelei van agter ‘n spierwit klavier, Angelique se grootste droom vir haar troue.

Die troukoek was 4 lae van absolute dekadensie. Elke laag was ‘n ander soort koek en gaste het hulle lippe (en vingers) afgelek met elke happie.

Dit was ‘n pragtige troue en gaste het hulself gate uit geniet aan die tafels en op die dansvloer.

So kry Angelique toe haar droomman, haar droomtroue en haar droomdag.

Krediete (soos genoem in die artikel):

Blank Canvas – troureelings, koordinering en stylering

Four Every Event – Dekor en Blomme

Dreambird – Wedding Stationery

Wade’s Cakes – troukoek

W. Heuer – wit klavier

Carrie B accessories – Maskers

Vrede en Lust – Venue

Ander sponsors wat betrokke was:

Hometown Productions – DJ en klank

Roedolf D Couture – trourok

Sweefilm – Trouvideo

Cater Club – bar en pre-drinks

Springbok Atlas – vervoer

Perdeberg Wines – wyn en champagne

Elizna Vermeulen – saxofoon

Advertisements
  1. Leave a comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: